Uitstekende Matriekuitslae vir HFM

03-HFM TrofeeTHABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se Matrikulante presteer uitsonderlik en sluit 2014 op ‘n baie hoë noot af met die slaagsyfer van die Matriekgroep van 2014‘n pragtige 99.5%. Hierdie mooi uitslae span die kroon op die Graad 12’s van 2014 se skoolloopbaan. Dit sluit ook die baie goeie sport- en kulturele prestasies van hul skoolloopbaan af.
Die 239 A’s is ook die meeste A-simbole nog. Daarby het die skool die toekennings vir die beste Matriekuitslae in Waterberg met ‘n 100% slaagsyfer in Wiskunde, English Home and First Additional Language, Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal, Tswana Huistaal, Wiskunde Geletterdheid, Lewensoriëntering, Rekenaartegnologie, Elektriese Tegnologie, Ingenieursgrafika en Ontwerp, Geskiedenis, Gasvryheidstudies en Toerisme.
Individuele prestasies is as volg:
Petro-Mari Pieterse behaal 9 A-simbole.
Lucius Potgieter en Ilke Lategan behaal elk 7 A-simbole.
Elza de Villiers en Yolandi Niemand behaal elk 6 A-simbole.
Clemens Steenkamp, Angelique van Coppenhagen, Cecile Venter en Anzelle Kruger behaal elk 5 A-simbole.
Lana Senekal, Natassja de Villiers en Elizaan Rheeder behaal elk 4 A-simbole en 12 leerlinge behaal elk 3 A-simbole.
Die skool ontvang ook die volgende Waterberg Toekennings:
Thabazimbi Kring: Tweede Plek met Universiteitstoelating, Tweede plek Algeheel Universiteitstoelating, Tweede Beste slaagsyfer met Universiteitstoelating Getalle en Algeheel Beste skool in Waterberg Universiteitstoelating.
Ilke Lategan kry 8ste Plek in Waterberg – 86.8%.
Petro Marie Pieterse : 5 de Plek in Waterberg – 89.1%.
Lucius Potgieter: 3de Plek in Waterberg – 91.3%.
Hoogste Persentasie in Geskiedenis: Petro-Mari Pieterse – 100%.
Hoogste Persentasie in Lewenswetenskappe: Petro-Mari Pieterse – 91%.
Hoogste Persentasie in Ekonomie: Lucius Potgieter – 86%.
Hoogste Persentasie in Besigheidstudies: Lucius Potgieter – 96%.
Hoogste Persentasie in Afrikaans Huistaal: Ilke Lategan – 91%.
Provinsiale Toekennings:
10de Beste Skool in die Provinsie uit 1413 Skole.
Lucius Potgieter 30ste Beste Leerder in die Provinsie.
Petro-Mari Pieterse Beste Leerder in Provinsie: Geskiedenis – 100%.
Petro-Mari Pieterse Tweede Beste Leerder in Provinsie: Lewenswetenskap – 91%.
Lucius Potgieter Tweede Beste Leerder in die Provinsie: Besigheidstudies – 96%
Petro-Mari Pieterse: Slegs 1 van 2 leerders in Limpopo Provinsie met 9 onderskeidings.
Mnr Colin Campbell, Skoolhoof, wil in besonder die onderwyskorps gelukwens met hierdie baie goeie prestasies.