Thaba Solar se nuwe lig

Namens die werknemers by Thaba Solar, wil ons graag op hierdie wyse ons innige dank aan Danie (snr) en Danie [jnr], wat steeds vennote in die  besigheid bly, oordra.  Hul hardwerkende en lojale diens is opreg waardeer. Ons bid jou seën en voorspoed toe in jou aftree-dae.

THABAZIMBI – Thaba Solar, wat bekend is vir die verskaffing van kwaliteit son-krag produkte en vriendelike dienslewering, het vir die afgelope vier jaar vanuit hul kantore in die Medicum Gebou handel gedryf.
Dit gaan steeds nie verander nie, maar Danie (Snr) die breinkind van THABA SOLAR het besluit om op die ‘jong’ ouderdom van 76-jaar uit die fisiese arbeidsveld te tree. Dit beteken nie dat hy heeltemal van die toneel gaan verdwyn nie, aangesien hy en sy seun nogsteeds by bemarkings hoedanigheid betrokke sal wees, maar die fisiese installerings sal nou oorgedra word aan: Arengo Elektries met Albert Rohrbeck en Virilux cc met Andries Reinecke. Gert bly steeds in beheer van aankope en verkope soos altyd.