Solidariteit help skoolbeginners met tassies

Op die foto is Helpende Hand Northam vlnr: Jenny Streak (vise voorsitster), René Laas (voorsitster) en Mev. Desiré Taljaard (onderwyseres Laerskool Platina) waar hulle die tassies oorhandig.
Op die foto is Helpende Hand Northam vlnr: Jenny Streak (vise voorsitster), René Laas (voorsitster) en Mev. Desiré Taljaard (onderwyseres Laerskool Platina) waar hulle die tassies oorhandig.

THABAZIMBI – olidariteit Helpende Hand (Northam Tak) het op 12 Januarie die voorreg gehad om skooltassies aan Laerskool Platina op Swartklip te voorsien. Hierdie tassies help die kinders nie net met tassies nie, maar ook met die benodighede vir die jaar. Dit is gevul met skryfbehoeftes, puzzles, springtou, ‘n bal, leesboeke, blokkies en nog meer. Solidariteit Helpende Hand Northam tak het verlede jaar die voorreg gehad om 10 projekte te doen verlede jaar, waarvan agt beurse aan jongmense gegee is vir opvoedkundige redes. Rugbytoerte was geborg, atletiek SA het ons ook die voorreg gehad om ‘n ses jarige seuntjie te kon help, trompoppies met toere, lanbou toer, ‘n beurs vir ‘n jong dogter se verblyf vir universiteit en nog ‘n beurs om ‘n ander jongdogter se boeke te borg op Universiteit. Soos u kan sien help ons, ons jongmense om op hulle voete te kom, om sodoende ‘n beter toekoms vir hulle te kan bied in ons land. Elke lid maak ‘n verskil om hierdie jongmense se toekoms te verseker, en benodig ons dringend nog lede wat graag ‘n bydrae wil maak teen minimum R50.00 per maand. ‘n Donasie is ook welkom. Kom ons maak ‘n verskil, dit begin by MY en JOU. Vir verdere inligting, skakel asb ons skakelbeampte Isobel Cahill by 084 5181 074.
Solidariteit Helpende Hand Thabazimbi se Monica Annandale en Boeta van Dyk het altesaam 41 skooltassies uitgedeel vir 2015 by Laerskool Koedoeskop, Laerskool Thabazimbi en Bosveld Akademie.
Solidariteit Thabazimbi het ook hul eerste student gehelp met ‘n beurs vir 2015.