Mooirivier: Super KunsteGrot deel landswye vrystelling

THABAZIMBI – “Verhoudings en liefde is die sentrale tema van die meeste flikes so ook met Mooirivier wat sy landswye primiêr ook met die KunsteGrot op Vrydagaand om 19:00 op 6 Februarie deel.
Dit is nou maar so dat al die stories werk ook nie uit soos wat mense sou wil hê dit moet uitwerk nie.” Mooirivier is absoluut ’n ‘goedvoel’-fliek, met genoeg werklike lewensdrama inwerk sodat daar diepte ook in is en dat mense nie voel hulle is vir ’n uur en ’n half net vermaak nie, maar dat hulle ook geraak is deur dit wat hulle gesien het.”
Soos gewoonlik draai die fliek ook op Saterdagoggend, 7 Februarie en dan is die pensionarisse welkom om gratis te kom fliek. Kaartjies vir ander persone beloop slegs R50.
In die rolverdeling is onder andere Anél Alex, Nadia Beukes, Tim Theron, Milan Murray, Hykie Berg, Leandie du Randt, Bouwer Bosch, Heinz Winckler, Gys de Villiers, Vuyelwa Booi, Danie Putter en Bennie Fourie.
Mooirivier, met die subtitle Liefde wen altyd, speel af oor Paastyd in Potchefstroom en is die verhaal van ses pare se ontdekkingstog van waaroor die liefde werklik gaan.
Die verfilming was onder meer op die Potch-kampus van die Noordwes-Universiteit, Die Bult en in die Mooimed-hospitaal.
“Die fliek gaan nie net oor romantiese liefde nie. Die mense agter Mooirivier het juis die ensemble-genre gekies sodat hulle ses verskillende stories kan vertel. Twee of drie van die storielyne gaan oor romantiese liefde, dan is daar ook ’n familie-situasie en ’n vriendskap tussen twee kinders.
Die verdere-program vir die KunsteGrot tot April sien soos volg daaruit:
26 Februarie – Joshua na die Reën. Besprekings reeds geopen, kaartjies R130.
20 Maart – Film Knysna. Van die kunstenaars kom saam kuier na afloop van die fliek.
25 April – Jak de Priester gaan almal weer met ‘n puik vertoning verras.
Vir alle navrae en besprekings, kontak Rita by 083 7448559.