Bosveld Akademie word groot


Bosveld Akademie vier vanjaar sy twintigste verjaarsdag te midde van groot opgewondenheid. Vir die eerste keer in die geskiedenis van die skool is sowel die graad R-klas as die graad 1-klas ten volle gevul op 13 Januarie 2014. Dit wil dus voorkom asof al hoe meer ouers sodanige vertroue in Bosveld Akademie het om die skool met hul eie kinders te vul. ‘n Opwindende jaar lê voor vir Bosveld Akademie.