Thabazimbi Boogklub Jaareindfunksie

THABAZIMBI – Die skuts het al van 10:00, Saterdag 29 November, begin kuier by ‘n lekker baan met die 3D diere wat vir hul voorberei is.Na afloop van dit het die manne begin om ‘n skaap op die spit te braai en om vier uur het die verrigtinge begin. Ben van Aarde, die klub se president, het  geopen met ‘n mooi boodskap uit die skrif en gebed. Almal het daarna lekker gekuier en ‘n paar draaie op die dansvloer gemaak. Namens die bestuur wens ons almal ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2015 toe.

Xander van de Groenekan kry trofee vir “Beste vordering”.

Ons Klubkampioen vir 2014 was Ryno Potgieter en dan het hy ook die “Drol Trofee” gekry vir die ou wat die meeste strooi aanjaag.

Xander van de Groenekan was ook aangewys as die Junior Klubkampioen vir 2014

Rion van Aardt was die beste skut in die ‘Cubs’ afdeling en sy potensiaal is deur Thaba Boog en Hengel raak gesien en hier skenk Chris aan hom ‘n splinter nuwe boog.

Die Mik maar Mis trofee is aan Chris Welgemoed gegee. Hy skiet gemiddeld ‘punt bo 90% en dan kry hy dit reg om ‘n besonderse swak punt te skiet.

Bevin van de Groenekan kry die “Kap hom Kwagga” trofee vir die lojaalste lid.