NG Kerssangdiens

THABAZIMBI – Die NG Gemeente van Thabazimbi het op 30 November hul Kerssangdiens gehou. Die kerk was baie mooi versier met kersliggies, engele, blomme en wit drapeersels.
Die gemeente saam met besoekers het voor die diens geluister na Juffrou René Thuynsma (orrelis) en haar groep, waar daar van klarinet, trompet, viool, soliste en fluite was. Daar was ook vier voorsangers wat die gemeente ingelei het in die diens.
Gedurende die diens het al drie die NG predikante ‘n kans gekry om iets te lees van die wonderwerk van Jesus en Sy geboorte. Dr Thinus Benade het die prediking gedoen en die “Gospel” sanggroep, Kruispad het gedurende die diens ‘n paar liedjies vir die gemeente gesing. Die kerssangdiens het geëindig met Franco Loots en Nelré Benade wat ‘n duet gesing het naamlik “The Prayer”.
Na afloop van die diens kon almal in die kerksaal bymekaar kom om lekker te kuier en lekkernye te eet.
Die aand was ‘n groot sukses met baie oefening en voorbereiding. Dankie aan almal wat ‘n deel gehad het in die kerssangdiens en dankie aan almal wat dit bygewoon het.

Kruispad wat vir die gemeente van hulle liedjies sing.
Kruispad wat vir die gemeente van hulle liedjies sing.
Juffrou René se musiek/voorsang groep. Heel agter staan die vier voorsangers. In die tweede bank is die trompet spelers met Nelré Benade, agter die orrel het die fluit en klarinet gesit en gespeel en Juffrou René is voor die orrel.

Die kansel was toe onder die mooi versierings en liggies.
Die kansel was toe onder die mooi versierings en liggies.
Die kleuters het die kerssangdiens besoekers van die hek tot by die kerkdeur gegroet.
Die kleuters het die kerssangdiens besoekers van die hek tot by die kerkdeur gegroet.