Gastehuis of herberg

Die konsep van gastehuis het in Europa ontwikkel as ‘n alternatief vir hotelle. Toeriste wou eerder by mense bly waar ‘n kamer vir hierdie spesiale doel gereserveer is. Deur van hierdie tipe van verblyf gebruik te maak het die toeris die plaaslike mense beter leer ken en meer omtrent hulle leefwyse geleer. Hierdie was dan ook ‘n bron van inligting rakende besienswaardighede in die nabye omgewing. Die huiseienaars kon die gaste ook meer inligting gee oor die geskiedenis van die spesifieke dorp en omgewing, meer as wat hulle by die plaaslike herberg of hotel sou kry.
Die Thabazimbi bosveld het die afgelope klompie jare geweldig gegroei sover dit die aantal toeriste aan betref wat die gebied besoek. Mens hoef jouself maar net Vrydae op die pad na Gauteng te bevind om te sien hoeveel motorvoertuie met Gauteng registrasie-nommers jy teëkom. Die bosveld-natuurskoon en natuurlik, Marakele Nasionle Park, dra grootliks daartoe by dat stadsbewoners eerder hierheen kom as om die lang pad na die Laeveld en Kruger Nasionale Park aan te vat.
Aangesien die kampe in Marakele lank voor die tyd reeds vol bespreek is, speel die gastehuise in en om Thabazimbi ‘n groot rol om huisvesting aan toeriste, spesifiek besoekers aan Marakele, te verleen.
Meer gastehuise is egter ingestel om in die behoeftes van reisend- of kontrakwerkers te voldoen as die wat uitsluitlik op die toeris konsentreer. Nie dat in albei behoeftes gelyktydig voorsien kan word nie. In teendeel, as dit gedoen word kan jy verseker wees van ‘n hoër besettingsyfer oor naweke as gedurende die week.
Die meeste gastehuise is ook as gevolg hiervan nie toegangklik vir toeriste gedurende die feesseisoen nie. Mens kan die gastehuiseienaars ook nie blameer dat hulle moeg gewerk is en ook ‘n blaaskans nodig het nie. Hierdie gastehuise vervul dus meer die rol van die herberg of hotel, ‘n totaal ander rol as die beginsel waarop gastehuise ontstaan het.
Kom ons bring die gasvryheid van die bosveldgemeenskap terug deur toeriste-geöriënteerd te wees, veral as jy boonop lid van ‘n toerisme vereniging of bemark jou gastehuis met die Kwêvoël App. Sien advertensies elders in Kwêvoël. Indien jy sukkel kontak Sarel by sarel@kwevoel.co.za.