2014 gebeurtenisse van die Ghost Rider MMC

Die groep Ghost Riders wat verlede jaar op 20 November (2013) die eerste helfte van hulle skenking aan Huis Tambotie oorhandig het, het hier die ander helfte oorhandig op 28 Februarie 2014. Dis net een van die vele gemeenskapsprojekte wat hulle geloods het gedurende 2014.
Die groep Ghost Riders wat verlede jaar op 20 November (2013) die eerste helfte van hulle skenking aan Huis Tambotie oorhandig het, het hier die ander helfte oorhandig op 28 Februarie 2014. Dis net een van die vele gemeenskapsprojekte wat hulle geloods het gedurende 2014.

THABAZIMBI – Weereens het die Ghost Riders MCC Thabazimbi baie goed na die inwoners en gemeenskap van Thabazimbi gekyk en veral na ons bejaardes en ook die minder bevoorregtes. Hierdie motorfietsklub is dan ook die hart van al die motorfietsryers en het op verskeie saamkomste van motorfietsklubs regoor die land uitgeblink en verskeie pryse ingepalm en het erkenning van vele Klub Presidente en National Klub Presidente ontvang.
Die Ghost Riders is ook altyd bereid om die hand van vriendskap uit te steek na enige persoon wat hulp nodig het. Geen moeite is vir hulle ooit te veel nie en alle motorfietsryers wat hulp nodig het, sal hulp van hulle af kry.
Verder het die Ghost Riders, wat die Moeder klub is van die “Bikers 4 Cancer” projek, by Helpende Hande vir terminale kankerlyers, baie werk gedoen aan die toekomstige “Care Centre”. Daar is baie goeie vordering gemaak en baie harde werk, lang ure en baie materiaal ingesit in die Care Centre. Ongelukkig kon hulle nie die sperdatum bereik nie, maar die Bikers 4 Cancer is vasbeslote om die Care Centre vroeg in die nuwe jaar af te handel.
Die Gholf dag ten bate van die “Bikers 4 Cancer” was ‘n reuse sukses vroeër die jaar en daar word beoog om volgende jaar nog so ‘n gholf dag te reël. Besonderhede sal bekend gemaak word nader aan die tyd. Hulle het baie skenkings vir die projek ontvang en wil graag almal wat bygedra het, bedank vir hulle skenkings. Sonder hierdie bydraes sou hulle nooit so ver kon vorder nie.
Op 29 Maart 2014 het die Ghost Riders Thabazimbi MCC ‘n Poker Run gehou. Al die omliggende motorfietsklubs het van heinde en verre gekom om deel te neem en het dit gate uit geniet. Gedurende die geleentheid het hulle verskeie besighede ondersteun en ook ondersteuning van verskeie besighede gekry. Daar was verskeie trofeë en pryse uitgedeel. Nodeloos om te sê, was die byeenkoms, soos al die ander byeenkomste waar die Ghost Riders TBZ betrokke was, ‘n reuse sukses en het die komplimente van die ander motorfietsklubs ingestroom. Die Poker Run het afgeloop sonder enige voorvalle en almal het dit rit veilig afgelê.
Al die klub se inkomste wat bestaan uit ledegeld, geld wat gegenereer word uit Rallies, donasies en skenkings word teruggeploeg na behoeftiges en bejaardes in ons gemeenskap. Op 27 Junie 2014 het hulle geskenkpakkies aan behoeftige kinders by Frikkie Meyer Hoërskool gegee. Hierdie kinders lê baie naby aan hul harte en die gemeenskap besef nie altyd dat daar sulke behoeftige kinders is wat nie dieselfde voorregte soos ons eie kinders geniet nie. Hierdie behoeftige kinders sal nooit vra nie, maar as ‘n mens bietjie nader ondersoek doen, dan kom jy met ‘n skok agter dat daar soveel kinders in stilte ly.
Hulle het op 25 Oktober 2014 die ou mensies by Huis Immergroen gaan bederf met eetgoed en ook geskenkpakkies. Die meeste van hierdie mense se naasbestaandes kan nie gereeld by hulle kom kuier nie en is dit dan ‘n voorreg vir die Ghost Riders om vir hulle dankie te sê vir wat hulle vir ons almal beteken. Hulle is die ouers, oupas en oumas van ons geslag en ons kinders, wat die fleur van hulle lewens vir ons opgeoffer het. Met hulle leiding het hulle die basis gelê vir elkeen van ons. Laat ons hulle altyd in ons gebede dra en elke beskikbare oomblik aan hulle ‘n klein bietjie vreugde gee.
Die lede van die Ghost Riders MCC het hul 3 de Birtday Batch gevier op 26 Julie 2014. Ons Hemelse Vader het hierdie jaar weer Sy hand van beskerming en liefde oor hulle as ‘n Klub gehou en op elke denkbare wyse geseën. Hierdie familie klub wil dan ook hul dank en eer aan die Hemelse Vader gee vir wat Hy vir hul gedoen het. Die klub het egter ook en van hul lede, oom George, met siekte aan die dood afgestaan.
Hulle het ook baie trotse oomblikke gehad soos toe die Klub President se seun, Willem, weer Suid Afrika vir “Skop boks” gaan verteenwoordig het en dan ook toe die First Lady, Mari, haar nuwe Harley gekry het om maar net ‘n paar voorbeelde te noem.
Hul wil aan al die Klublede en hulle families, oues van dae, kanker lyers, siekes, minder bevoorregtes, mede motorfietsryers en die gemeenskap, ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2015 toewens.