Laerskool Thabazimbi pluk vrugte met “Ons gee om”

Thabazimbi – Dit gaan goed met Laerskool Thabazimbi en hul pluk ook die vrugte van hul projek “ons Gee Om” om die Abraham Kriel Kinderhuis by te staan.
Die jaar 2014 was ‘n suksesvolle jaar met baie hoogtepunte. Laerskool Thabazimbi is een van die top Laerskole in ons land, en dit is te danke aan ondersteunende omgee ouers, toegewyde onderwysers en oulike kinders.
Laerskool Thabazimbi het ‘n “Ons gee om” projek wat twee maal per jaar geloods word, waartydens kruideniersware, klere, skoene, speelgoed, boeke en toiletware ingesamel word. Hannes Coetzee, eienaar van Thaba Superspar, is ook ‘n kosbare ouer van Laerskool Thabazimbi. Hy stel altyd ‘n voertuig asook ‘n bestuurder beskikbaar om die goedere wat ingesamel is na Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom te neem.
Laerskool Thabazimbi sê baie dankie aan elkeen wat bygedra het.  Dit maak ‘n reuse verskil en kan die lewens van die kinders net ‘n klein bietjie makliker maak.

Juffrou Hanti Vorster bedank Pieter Hamman van Thaba Superspar vir Thaba Superspar se betrokkenheid. 'n Paar van die leiers vir 2015 het gehelp om die goedere op die bakkie te laai.
Juffrou Hanti Vorster bedank Pieter Hamman van Thaba Superspar vir Thaba Superspar se betrokkenheid. ‘n Paar van die leiers vir 2015 het gehelp om die goedere op die bakkie te laai.