80 Jaar op die aarde


Tannie Marie Hartmann het Dinsdag 9 Desember haar 80ste verjaarsdag gevier. In 1950 het sy saam met haar ouers na die Dwaalboom distrik verhuis waar sy ook haar man ontmoet het. Hulle is in 1955 getroud.?Sy was ondermeer Kosteres by NG kerk te Dwaalboom en het vir jare die Oostermoed poskantoortjie op Dwaalboom bedryf. Alhoewel Marie nou ‘n inwoner van Tambotie versorgingseenheid is, sal vir altyd onthou word in die gemeenskap vir haar heerlike tuisgemaakte brode en konfyt. Haar eggenoot is oorlede. Vier kinders is uit die huwelik gebore en tannie Marie spog nou al met ses kleinkinders en 4 agter kleinkinders.

50-80e verjaar