SAVF Thabazimbi maak skoonskip onder die toekennings

Mev Magda de Clerq (links) wat derde plek toegeken is indie maatskaplike werker van die jaar kategorie, saam met Rachel Rossouw wat aangewys is as mede wenner vir “maatskaplike hulpwerker van die jaar”.
Mev Magda de Clerq (links) wat derde plek toegeken is indie maatskaplike werker van die jaar kategorie, saam met Rachel Rossouw wat aangewys is as mede wenner vir “maatskaplike hulpwerker van die jaar”.

POLOKWANE – Thabazimbi SAVF het behoorlik skoonskip met toekennings gemaak tydens die 84ste kongres van die SAVF asook die viering SAVF se 110de bestaansjaar.
Ses persone van die SAVF Thabazimbi diensbestuurkantoor het vanaf 21 Oktober 2014 tot 23 Oktober 2014 die kongres bygewoon in Polokwane.
Gedurende die geleentheid is daar verskeie toekennings aan personeel, vrywilligers en diensbesture gemaak. Thabazimbi was baie trots om met drie toekennings weg te stap. Mev Magda de Clerq, maatskaplike werker, ontvang ‘n 3de plek as “maatskaplike werker van die jaar”, Rachel Rossouw maatskaplike hulpwerker is aangewys as ‘n mede wenner vir “maatskaplike hulpwerker van die jaar”. Die SAVF Thabazimbi Diensbetuur is ook as wenners van die “diensbestuur van die jaar” aangewys.
Dr Blachè Verster, streeksbestuurder te Polokwane, is baie trots op haar span. Die diensbestuur wens almal geluk met hulle uitstekende prestasies.