Nog ‘n aktiewe jaar verby vir VLU

Die dames tydens hul afskeidsfunksie wat by Setaria Rec Club aangebied is. Hule is op die foto vlnr agter: Maritza Hasebroek, Marinda Gagiano, Isobel Cahill, Angela Potgieter, Tannie Marietjie van der Merwe, Annatjie Dreyer, Dina Smith en Tannie Hannetjie du Plessis. Voor: Annatjie de Waal, Rene Laas en Hannelie Botha.

NORTHAM – Die VLU Northam-tak het op 18 November hul Jaar afsluitingsfunksie te Setaria by die Rec club gehou. Dit lekker om heerlik te ontspan en lekker te lag.
Na ‘n jaar se harde werk met hoogte- en laagtepunte, is nog ‘n jaar verby!
Hiermee wil Northam-tak ook aan almal ‘n baie geseënde Christus fees en alle voorspoed vir die nuwe jaar, weereens vol uitdagings, toewens.
Volgende jaar skop hulle weer af met ‘n nuwe en vol program vol prêt. Baie dankie aan al die dames se ondersteuning.
‘n Hoogtepunt wat weereens uitstaan is hoe hierdie “familie” by mekaar staan in nood en ondersteun – ”priceless”. Geniet u vakansie en arriveer veilig by u bestemming.
Om deel te word van hierdie fenominale groep, skakel hul skakelbeampte Rene Laas by 073 4299 411