Moontlike verwarring

In Kwêvoël van 31 Oktober word die hoofartikel gewys op die verskil tussen gedrukte oplaag en verspreiding, om aan te haal:
“Mens kry so al die indruk dat sakemanne glad nie een van die koerante wat in omloop in die dorp is, lees nie. So al asof hulle net staatmaak op dit wat die advertensie-agent as waarheid vir hulle voorhou. Enigeen wat sy oë die laaste tyd oopgehou het en die publikasies gelees het, en self ondersoek ingestel het oor hul werklike oplaag en verspreiding, sal op sy rug val as hy die werklike toedrag van sake sien.
Daar is ‘n groot verskil tussen 25 000 en 5 000. Daar is ‘n groot verskil tussen publikasies wat verkoop word en die wat gratis op straathoeke uitgedeel word. Daar is ‘n verskil tussen leë rakke in die supermarkte en kafees waar al die publikasies uitverkoop is en die winkels en besighede se toonbanke wat vol gratis publikasies lê wat uiteindelik in die meeste gevalle in die asblik beland sodra die volgende klomp daar neergeplak word.”
Bogenoemde noem nie die naam van enige publikasie wat plaaslik gratis versprei word nie en trek ook glad nie die abc sertifisering van die oplaag in twyfel nie.
Dit bevraagteken glad nie, en was ook nie bedoel, om die integriteit van die onafhanklike “ABC sertifisering”, wat slegs op drukoplaag gedoen word, in twyfel te trek nie. Kwêvoël maak dus verskoning teenoor enige persoon of instansie by wie hierdie indruk geskep is