SAVF trakteer Seniors

THABAZIMBI – Die dames van die Thabazimbi SAVF-tak het Vrydag die inwoners van Bosveld Oord met ‘n heerlike oggendtee bederf.
Die SAVF stap reeds ‘n lang pad saam met Bosveld Oord en die funksie is aangebied as ‘n jaarafsluiting net so voor die feestyd.
Mari van Jaarsveld het die seniors vergas met ‘n paar liedjies terwyl Wikus Fourie vir agtergrondmusiek gesorg het.