Northam Toyota Ope-dag

47-Toyota open dayNortham Toyota het verlede Vrydag ‘n baie geslaagde Ope-dag by die BP Garage op die hoek van Warmbadweg en Elandstraat in Thabazimbi aangebied. Verskeie potensiële kopers het die nuwe voertuie kom besigtig en ‘n hele paar transaksies is ook beklink. Op die foto is die spannetjie van Northam Toyota wat reggestaan het om voornemende kliënte te help. Hulle is vlnr: Lynette Anley, Yolandi Henning, Francois Louw en Jaco Faurie.