Laerskool Koedoekop Gholfdag by Thabazimbi Gholfklub

THABAZIMBI – Laerskool Koedoeskop het Saterdag 15 November hul gholfdag aangebied op Thabazimbi se gholfbaan. Die baan was soos ouder gewoonte in ‘n puik toestand.

Met die lekker atmosfeer by Thabazimbi gholfklub is tot laat gekuier en oor alles en nog wat gesels en as gevolg van die reën is slegs 9 putjies in aanmerking geneem vir die tellings.

Die eerste prys is op ‘n uittel gewen met 27 punte deur Gerhard van Rensburg en sy seun Benhard van Rensburg. Volgens Gerhard is dit net harde werk wat sulke resultate kan oplewer.

In die tweede plek ook op 27 punte was Tom Low en Johan Snyman. Die derde plek is gewen deur Anema Denton en Deon Azar. Die naaste aan die pen op 3/12 was oudergewoonte weer Chappies Behrens en op 7-16 was dit F de Kock. ‘n Groot woord van dank aan almal wat hierdie borgdag ten bate van Koedoekop Laerskool ‘n reuse sukses gemaak het, asook aan Rikus de Wet en sy baanpersoneel wat die baan in so ‘n puik toestand hou