Ou bekende groet

Ouma Joey Bruwer is oorlede 8 November is sal altyd onthou word as ‘n “super ouma” deur haar kleinkinders.
Ouma Joey Bruwer is oorlede 8 November is sal altyd onthou word as ‘n “super ouma” deur haar kleinkinders.

THABAZIMBI – Ouma Joey Bruwer is oorlede Saterdagoggend 8 November net na 2 die oggend. Dennis Bruwer, haar seun het haar versorg die laaste drie maande en sy was die laaste drie weke bedlêend en baie swak.
Sy was vir 19 jaar ‘n inwoner van Bosveld oord en ‘n geliefde tannie oral in die dorp, waar sy altyd met ‘n glimlag en raad gereed was. Sy het met trots haar drie kleinkinders (Walter, Bruwer en Adrian Leykauf) bygestaan deur hul skoolloopbane in Laerskool Thabazimbi en ook Hoërskool Frikkie Meyer en hulle sal haar altyd onthou as SUPER OUMA.
Sy sal gemis word deur haar kinders, kleinkinders, vriende en familie.
Die gedenkdiens was gister, 13 November 11:00 vanuit die NG Kerk Thabazimbi en die diens is gelei deur Ds Johan Marais.