Ongeluk eis 4 lewens

46-Ongeluk v Vrydag (3) 46-Ongeluk v Vrydag (4)Hierdie ongeluk tussen ‘n bakkie, kombi en bus het Vrydag oggend (7 November) om 03:40 plaasgevind op die pad tussen Amandelbult en Northam. Twee insittendes is op die toneel oorlede en ‘n verdere twee persone later in die hospitaal. Die bestuurder van die bakkie het uit skok die bosse ingevaar waar hy ‘n uur en ‘n half later deur die polisie en nooddienste in die veld gekry is waar hy vermoedelik probeer wegkruip het.
Foto: Hector Richardson