ATKV Thabazimbi-tak – Poësie-skryf kompetisie

Die volwasse sowel as die Hoërskool wenners van die Poësie kompetisie wat deur die ATKV tak op Thabazimbi aangebied is, is Vrydagaand 31 Oktober tydens hul Gala aand in die Super KunsteGrot aangewys waartydens hulle ook hul ATKV medaljes ontvang het.
Die laerskool inskrywings is in drie kategorië beoordeel naamlik Grondslagfase, Intermediêre-fase en Senior-fase. Die wenners in hierdie kategorië is reeds vooraf by Laerskool Thabazimbi aangewys waar hulle ook hul sertifikate en medaljes ontvang het.
Die uitslag was as volg.

Hoërskool Afdeling –
Goud: Leané du Plooy Gr 11 – Die ou verlate treinspoor
Silwer: Gerdri Eloff Gr 11 – Ontspring rooi fontein
Brons: Ju-Mari Barnard Gr 9 – Slaap
Brons: Gerdri Eloff Gr 11 – Voetstappe

Volwasse Afdeling –
Goud: Vollie Volschenk – Ek
Goud: Annelie Lee – Onthou
Silwer: Pieter Coetzee – Ek is
Brons: Rina Stander – Dief-dief
Brons: Annelie Lee – Onmag

Laerskool Afdeling:
Grondslagfase
Goud: Ané Viljoen Gr 3 – My Ma sê
Silwer: Lorinda van Rooyen Gr 2 – My Ouma
Brons: Edward von Kleist Gr 3 – Jesus het hom gemaak
Brons: Arsenio de Beer Gr 3 – Vlug van die Naaldekoker
Intermediêre-fase
Goud: Stiaan Joubert Gr 6 – Jag
Goud: Lieselotte Smit Gr 4 – Pappa
Silwer: ZW Pienaar Gr 6 – Hoe ek voel
Silwer: Emma Stow Gr 5 – My vreeslike Ma
Brons: Anika Burger Gr 6 – Skool
Brons: Emma Stow Gr 5 – Amper in Detensie geplaas
Senior-fase
Goud: Inge Jacobsohn Gr 7 – Thabazimbi Plaasmeisie
Silwer: Lindi Will Gr 7 – Om jouself te wees is okay
Silwer: Lara du Plessis Gr 7 – My nuwe foon
Brons: Minke van Eyck Gr 7 – My beste sussie