Water bars

45-Waterpyp 1‘n Motoris wat versuim het om te stop, en met ‘n redelike spoed vanuit Deena straat regs in VanderBijlstraat ingedraai het, het die pad byster geraak en die brandkraan op die sypaadjie stukkend gery. Die kraan self het ‘n paar meter (sien regs onder op foto) vanaf die waterpunt gelê. Etlike duisende liters water het vir ‘n hele ruk gespuit voordat die munisipale werkers daarin kon slaag om die toevoer af te sluit en die beskadigde kraan te herstel. Die motoris het blykbaar met ‘n stukkende voorwiel en al hom uit die spore gemaak.