Sosiale Media nie te versmaai

Geen verhouding kan met ‘n enkele persoon, besigheid of wat ookal deur net een ontmoeting, of soos in Engels uitgedruk “A one night stand” opgebou word nie. Om ‘n lang en betekenisvolle verhouding op te bou is beslis nie maklik nie.
Om dit te laat slaag, is daar voortdurende kommunikasie nodig. Gereelde kommunikasie geld om jou handelsmerk bokant die ander handelsmerke te laat uitstyg om te verseker dat jy jou teikenmark bereik.
Deur van die sosiale media gebruik te maak, kan jy dit doen. Indien jy dink dat jy net eenvoudig by een van die sosiale netwerke opdaag (bv ‘n kroeg), op ‘n baie basiese vlak kommunikeer, in jou kar klim en wegry onder die indruk dat jy die volgende dag ‘n baie sterk aanlyn teenwoordigheid gaan hê, maak jy ‘n groot fout. So al asof jy dronk by ‘n kroeg raak, ‘n vinnige sekskepade het met iemand wat jy die volgende dag nie weer ooit in jou lewe wil sien nie. Wat jy hier doen is niks anders as die “one night stand’ nie”.
Moenie bang wees vir Twitter, Facebook (binne beperkings) en die ander sosiale netwerke nie. Voortdurende blootstelling vereis dat die mense wat jou volg hul volle vertroue in wat jy op die sosiale netwerk te sê het kan vertrou. Moenie misbruik daarvan maak nie en kry die volle vertroue van die mense met wie jy kommunikeer. Moenie dit misbruik nie. Daar is baie mense wat jou boodskap lees. Jy gaan die een wees wat gaan bepaal of jy ware vriende het of nie. Met jou volle ondersteuning kan jy iemand help om die hindernis te oorkom in plaas daarvan dat jy hom/haar teen die wal af stoot.
In die besigheisdsopset werk dit steeds dieselfde. As niemand daarin belangstel om jou sake te verbeter en jou handelsmerk te bevorder nie, maar steeds daarop aandring dat hulle die beste in die verhouding is, stoot hulle weg, want hulle doen geen goed vir jou besigheid nie.
Verlede week het iemand iets probeer wat Kwêvoël reeds drie jaar gelede publiseer het. Net as bewys dat hierdie indringers wat jou probeer na-aap nie werk nie, het ek die oorspronklike artikel met foto’s wat ek self geneem het – nie iemand gekry het – om ‘n historiese vliegtuig af te neem nie, met die geskiedenis van die Russies Anotovo NZ-2 geplaas soos dit geplaas is in die uitgawe van 30 September 2011.
Jy gaan eers begin groei as jy jou eie identiteit begin kry. Begin maar by Facebook. Volg ons op twitter by @thaba24 of kontak Kwêvoël by kwevoel@kwevoel.co.za. Raak ontslae van hierdie na-apers wat nie eens besef dat twitter nie net ‘n voëltjie is nie. Laai ons app af met alles wat jy wil hê op jou slimfoon. As jy nie weet hoe nie, volg die eenvoudige instruksies op ons advertensie elders in Kwêvoël.
Met die sosiale media en alles wat daarmee gepaard gaan, groei Kwêvoël daagliks en sal steeds daar wees om aan die gemeenskap oor te dra dit wat saakmaak.
Kwêvoël kan jou handelsmerk en besigheid bevorder indien jy bereid is om saam te werk en nie vir ‘n “One Night Stand” te val nie.

Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël