RiVo Toneel prikkel die lagspiere

Die akteurs van Kerkbasaar vlnr: Hanna ( Corné Koen), Ria (Daleen Venter), t’Sarie (Thea Bezuidenhout), Rita Volschenk, Judith (Rachel Rossouw) en Suzy (Deidré van den Berg).
Die akteurs van Kerkbasaar vlnr: Hanna ( Corné Koen), Ria (Daleen Venter), t’Sarie (Thea Bezuidenhout), Rita Volschenk, Judith (Rachel Rossouw) en Suzy (Deidré van den Berg).
Die akteurs van Aap uit die Mou” vlnr agter: Fred (Brian Labuschagne), Stoffel (Ernst Kotzé) Rita Volschenk, Ma (Sonél van Vuuren) en Suzy (Mari van Jaarsveld). Voor: Lady Hips (Tanya Vorster) en Bulletjie Biseps (Franco Loots).

THABAZIMBI – RiVo toneel her verras met twee splinternuwe toneel stukke wat die lagspiere meer as net geprikkel het.
Die twee toneelstukke met slegs plaaslike inwoners wat die verskillende karakters vertolk, is Vrydagaand as deel van die ATKV Thabazimbi-tak se Gala aand in die Super KunsteGrot aangebied. Dit is voorafgegaan deur die oorhandiging van sertifikate in die Hoërskool en Volwasse afdelings van die tak se Poësie-Skryf kompetisie.
As amateurs het die akteurs hul beste gegee en dit het die gewenste uitwerking gehad op die gehoor wat dit duidelik geniet het.
In die kort toneelstuk “Kerkbasaar” is ‘n paar vroue se gestryery oor ‘n brood by die kerkbasaar puik uitgebeeld met al die karakters wat mens ook maar in die alledaagse lewe, en beslis by ‘n kerkbesaar, gaan aantref.
Die hoogtepunt was die “Aap uit die Mou” waar reëlings vir ‘n ram-party en ‘n kombuistee bietjie skeef en deurmekaar verloop. Beslis die moeite werd om te sien.
Beide hierdie toneelstukke word by twee geleenthede plaaslik opgevoer. Maak ‘n punt daarvan om te gaan kyk. Daar is niks soos lewende toneel om vir ‘n rukkie van al die sorge in die lewe te vergeet nie.
Die eerste heropvoering is op Donderdag 13 November om 19:00 en dan weer op Saterdag 22 November om 15:00 by die Super KunsteGrot. Toegang beloop R50 per persoon maar op Saterdag 22 November is dit gratis vir die seniorburgers. Bring dus gerus vir Ouma en Oupa saam vir hierdie vertoning.
RiVo Toneel is ook uitgenooi om op 15 November hul buiging op die Pierneef Teater in Pretoria se verhoog te maak. Laat weet dus maar die vriende en familie in die stad om te gaan kyk wat se wonderlike talent ons hier plaaslik het.
Rita Volschenk het die regie van beide die toneelstukke waargeneem.