Platina se Dramaskool presteer by SATCH

Die presteerders is op die foto vlnr voor:: Taryn Stander en Jurie Blignaut. Middel: Susan Stander, Hermie Prinsloo, Annelize Prinsloo, Lisa Mashego en Nadene Ellis. Agter: Chanté Joubert, Debbie van den Heever en Lea Larsen. Inlas Jade Scott.
Die presteerders is op die foto vlnr voor:: Taryn Stander en Jurie Blignaut. Middel: Susan Stander, Hermie Prinsloo, Annelize Prinsloo, Lisa Mashego en Nadene Ellis. Agter: Chanté Joubert, Debbie van den Heever en Lea Larsen. Inlas Jade Scott.

SWARTKLIP – Gedurende die week van 12 – 17 Oktober ’14, het van Platina se leerlinge deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Talent Kompetisie te Johannesburg en het besonder goed gevaar en een van ons leerders, Jurie Blignaut is gekies vir die SA span om volgende jaar in Amerika te gaan deelneem. Dit is ook die eerste jaar waar ‘n gemengde groep ingeskryf het.
Die leerlinge het as volg presteer:
Lea Larsen – solo en groep drama – 1 platinum, 5 goud en 4 silwer medaljes.
Chante Joubert – solo, duet en groep drama – 3 platinum, 7 goud en 1 silwer medalje
Debbie van den Heever- solo, duet en groep drama – 3 platinum, 4 goud en 1 silwer medalje.
Jurie Blignaut – solo en groep dramas – 3 platinum, 6 goud en 1 silwer medalje – is ook gekies vir die SA span
Annelize Prinsloo – duet, trio en groep dramas – 1 platinum, 7 goud, 5 silwer en 1 brons medalje.
Jade Scott – Tap dance – 1 silwer medalje
Hermie Prinsloo – trio en groep dramas – 1 platinum
Nadine Ellis – duet, trio en groep dramas – 1 platinum, 7 goud, 5 silwer en 1 brons medalje
Lisa Mashego – karakter en moderne danse en groep drama – 1 platinum, 4 goud en 3 silwer medaljes.
Tanya Stander – solo en groep drama – 1 platinum, 7 goud en 4 silwer medaljes.
Susan Stander – solo en groep drama – 2 platinum, 8 goud en 1 silwer medalje.