Thaba Hengel uitslae

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Hengelklub het op Sondag 12 Oktober hul tweede laaste kompetisie by Olifantsnekdam aangebied, ondanks die feit dat dit in die skoolvakansie was het 15 hengelaars aan die kompetisie deelgeneem. Die wenners is bepaal deur die meeste punte te behaal naamlik 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.
Die verskeie afdelings se wenners was as volg gewees vir die Cubs was Jana Bezuidenhout. Vir die Penkoppe het PJ Bezuidenhout gewen.
Vir die dames en junior afdelings was daar nie wenners aangekondig nie.
In die senior afdeling het Tommy Swanepoel eerste geëindig en Nico Botha tweede en by die meesters afdeling het Jan Botha eerste geëindig.
Die klub se laaste kompetisie vir die jaar vind plaas by Northam Konsentrator gedurende die naweek van 8 & 9 November.