HFM SR gee vir TAR

44-HFM TARDie SR het op 23 Oktober 2014 ‘n baie suksesvolle Kers-vers-en-melodie aangebied vir HFM leerders en huidige Gr 7-leerders van Laerskool Thabazimbi. Die funksie is tydens die Graad 11 waardeweek gehou waartydens baie fokus op OMGEE geplaas is. Die groep het toe besluit om TAR te ondersteun deurdat dierekos as “ingangsfooi” gevra is. Graag wil die skool die HFM leerlinge en hul gesinne bedank vir hul ruim skenkings. Op die foto is hulle vlnr: Leané du Plooy, Angie Botha, Chappies Maila, Dirk Coetzee, Margha Eckard, Shani Chambers, Annia Engelbrecht, ZW van Deventer en Anna Jordaan. Heel regs is Liandra Hoffman van TAR wat die goedere in ontvangs geneem het.