Bielie van die Bosveld Gholftoernooi

Op die foto is Eugene Oberholzer die Bruto wenner van die Bielie van die Bosveld 2014
Op die foto is Eugene Oberholzer die Bruto wenner van die Bielie van die Bosveld 2014
Op die foto vlnr: Jannie van Graan (Klubkaptein), Jerry Shongwane (Netto Wenner) en Esmé Behrens (voorsitter).
Op die foto vlnr: Jannie van Graan (Klubkaptein), Jerry Shongwane (Netto Wenner) en Esmé Behrens (voorsitter).

THABAZIMBI – Die afgelope naweek is die Bielie van die Bosveld toernooi aangebied op Thabazimbi. Dit is ‘n toernooi wat dan hoofsaaklik gaan oor die aantal houe wat gespeel word. Die feit dat die toernooi oor twee dae gespeel word bemoeilik dit meer. Na 36 putjies se spel was twee spelers gelyk op 150 houe. Die wenners is oor ‘n 3 putjie gespeel bepaal tussen Johan Smit en Eugene Oberholzer.
Eugene wen die uitspeel en word gekroon as die Bielie van die Bosveld 2014.
Die tellings is as volg:
Bruto wenners
150 – Eugene Oberholzer (Thabazimbi)
150 – Johan Smit (Wingate Park)
152 – Barend Gerber (Thabazimbi)
153 – Jaco Loubser (Mogol
Netto Wenners (Voorgee afgetrek)
136 – Jerry Shongwane
139 – S. Masito
139 – Heindrich Penzhorn
‘n Woord van groot dank word aan Thabazimbi Gholfklub gegee vir die harde werk, puik reëlings en uitstekende toestand waarin die baan is, groot waardering ook aan die Pro Shop wat die toernooi elke jaar borg.
Maandprogram vir November
1 November – Foursomers Kampioenskappe
5 November – Northam Toyota Sundowner
8 November – Denton’s Borgdag
12 November – Northam Toyota Sundowner
15 November – Laerskool Koedoeskop Borgdag
19 November – Northam Toyota Sundowner
22 November – IPS
29 November – Gekkedag