Laerskool Koedoeskop Krieket deur na finaal
KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop se o/13 krieket-span het Donderdag 16 Oktober deelgeneem aan die semi-finale van Kleinskole liga. Laerskool Koedoeskop het die wedstryd gewen teen Mariepskop en vorder na die finale wat te Pietersburg plaasvind.
Twee uitmuntende prestasies is ook opgelewer waar twee seuns, JT Cronje en Luan Botha, elkeen ‘n 100-tal aangeteken het.

