Jukskei – Limpopo Kampioenskappe

POLOKWANE – HFM se jukskei spelers het aan die Limpopo kampioenskappe gaan deelneem op 18 Oktober en die pragtige groep van sewe leerlinge en twee personeellede verwerf Limpopokleure.
Ses spelers is gekies om aan die Noordelike Unies Ope Kampioenskappe op 1 November te Pretoria te gaan deelneem. Die ses spelers is: Devin Roelofse, Morné Labuschagne, Adriaan Odendaal, Jonathan Viljoen, Janco Erasmus en Mnr Gerhard Booysens.
Sewe spelers is gekies om Limpopo op die SA Junior Kampioenskappe van 13 tot 17 Desember in Kroonstad te gaan verteenwoordig
Die sewe leerlinge is Devin Roelofse, Morné Labuschagne, Adriaan Odendaal, Jonathan Viljoen, Janco Erasmus, Leané du Plooy, Verusschka Pretorius en mnr Gerhard Booysens rig die 0/16 seunspan af en me Joyce du Preez die 0/19 dogters.

Gekies vir Provinsiale Span van SA staan voor vlnr:  J Viljoen, V Pretorius, L du Plooy, J du Preez [afrigter].Agter:  G Booyens [afrigter/organiseerder], M Labuschagne, D Roelofse, J Erasmus, A Odendaal.