Gesinsgeweld, verkragting en aanranding – wat moet ek daaromtrent doen?

THABAZIMBI – SAVF Thabazimbi gaan 16 dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders vier op 13 November deur middel van ‘n bewusmakingsveldtog die oggend en ‘n praatjie deur ‘n kenner in die gebied die laat namiddag.
Grobler meld dat gesinsgeweld, aanranding en verkragting werklikhede is wat ook hier by ons plaasvind en dat dit nodig is dat mense weet wat hulle regte daar rondom is.
Hulle beplan om die oggend van 13 November die dorp in te vaar en pamflette uit te deel by verskeie winkelsentrums in die dorp ten einde mense bewus te maak van die probleem asook wat om te doen en wie om te kontak.
Hulle sal ook daar Strikkies verkoop teen R5 wat hierdie aksie nasionaal simboliseer.
Teen dié aand sal ‘n gratis praatjie oor geweld gedoen word by die NG Kerksaal vanaf 17:30 tot 19:00. Versnaperinge en koffie/tee en koeldrank sal beskikbaar wees. Die wit strikkies sal ook daar verkoop word teen R5. SAVF hoop om baie mense daar te sien. SAVF kantoor se kontaknommer is 014 777 1093.