Baie geluk aan dié twee boeties wat albei die afgelope vakansie tot Nasionale spanne verkies is in Tzaneen van 7 tot 10 Oktober. André Mostert (regs van HFM) is vir die 0/19 SA krieket Bokkie span gekies en Devoux Deysel (links van LS Thabazimbi) vir die 0/13 SA Krieket Bokkie span. André is ook aangewys as die beste bouler van die toernooi.