ATKV Thabazimbi woeker

THABAZIMBI – Die ATKV beywer hulle vir die bevordering en uitbreiding van die Afrikaanse taal en kultuur. Die plaaslike tak in Thabazimbi onder leiding van die voorsitter Ds Dirk Laufs, het hierdie jaar ‘n paar projekte geloods soos;
Die Idols kompetisie tydens die Wildsfees waar ligte Afrikaanse musiek gesing is en ‘n wenner aangewys is; fondsinsamelingsprojekte met pannekoekverkope by Spar in Oktober en die insameling van fondse deur middel van tweedehandse kler; en die Spel, Lees en Poësie-skryf kompetisie moet nog afgehandel word.
Dit sal in Oktober in die vorm van drie gala-aande plaasvind. Op 29 Oktober sal die Grondslagfase se gala-aand plaasvind, terwyl die Intermediêre- en Seniorfases se aand op 30 Oktober sal plaasvind om 17:30 by Laerskool Thabazimbi. Die Hoërskool- en Volwasse afdeling sal op 31 Oktober gehou word tesame met twee RiVo toneelstukke by die KunsteGrot om 19:00.
Die ATKV versoek persone om hul tweedehandse klere te skenk ten einde fondse daarmee in te samel vir die tak en hul werksaamhede. Klere kan afgegee word by Oasis Waterwinkel in Pick ‘n Pay Sentrum. Die tak kan gekontak word vir navrae of meer inligting by selnommer 083 2804508 van Annelie Lee.