0/15 Sewestoernooi

RUSTENBURG – HFM se 0/15 A- en B-span het aan die sewes Rugby toernooi deelgeneem op 17 en 18 Oktober te Sundown Ranch net buite Rustenburg. Dertien spanne het om vier bekers meegeding waarvan Frikkie Meyer 2 huistoe gebring het.
Die A-span speel vier wedstryde in die eerste rondte waarvan hulle twee wen, teen Hoërskool Krugersdorp en Hoërskool Overkruin. Die twee wedstryde wat hulle verloor het was teen Hoërskool Hans Moore en Hoërskool Rustenburg.
In die Plaatfinaal speel HFM teen H/S Krugersdorp en wen 41-21 en was as Plaatwenner gekroon.
Die B-span speel 3 wedstryde en hulle wen twee teen H/S Montana en H/S Cullinan en verloor teen Hans Moore. Die B-span dring deur na die Bowlfinaal en wen HS Belvedere 26-0 en hulle word gekroon as die Bowlwenners.

o/15A Rugbyspan staan agter vlnr:  D Fouché [afrigter], T Mhewe, R Ras, H Horn en PG Janse van Vuuren. Middel:  J Botha, M Payne, H Rohrbeck, W Thulane en C Grobler [afrigter] Voor:  R Joubert en G Kock.

o/15B Rugbyspan staan agter vlnr:  A de Lange, J Swart, G Botha, M Knoetze en W Meyer. Voor:  D Fouché [afrigter], A Grobler, I Basson, D Koekemoer, F Collins en C Grobler [afrigter].
o/15B Rugbyspan staan agter vlnr: A de Lange, J Swart, G Botha, M Knoetze en W Meyer. Voor: D Fouché [afrigter], A Grobler, I Basson, D Koekemoer, F Collins en C Grobler [afrigter].