SAVF Thabazimbi bederf manne

THABAZIMBI – Saterdag 1 November 2014 is ‘n grootdag waar die manne bederf word om 08:00-10:00 met ‘n manne ontbyt. Dit word gratis aangebied by die skougronde, Thabazimbi vir die pa’s en seuns van Thabazimbi en die omgewing. Daro de Wet van Pretoria besoek die manne. Bring asseblief jou vriende saam.
Om 10:00 is ‘n moeder en dogter-tee @ R80 per persoon met ‘n hoede-tema by die NG kerk-saal. Die spreker is Rita du Plessis en Marie van Jaarsveld is die gaskunstenaar.
Wonderlike pryse van geskenkbewyse van koolstoof, Spur, Wimpy en nog meer, het geskenkpakke geborg wat jy kan wen met die gelukkige trekking. Daar gaan ook kompetisie wees vir die mooiste hoed, snaaksste hoed, ma en dogter wat naaste aan mekaar lyk, meeste geslagte en ‘n veiling met kunswerke deur plaaslike kunstenaars en ander items sal ook op die program wees.
Peter de Beer, plaaslike mode ontwerper, bied ook ‘n modeparade aan met plaaslike modelle. Bring jou ma/dogter en kom geniet die oggend saam ons.