Kwêvoël app eerste vir Thaba

Kwêvoël se eie app (verkorting vir “application software”) is die afgelope week gelanseer en al daardie besigheidsgidse en “gerieflike” besigheidskalenders met “al” die besighede se nommers val weg met die druk van ‘n knoppie op jou iPhone of Android selfoon of tablette.
Laai die Kwêvoël app af en daarmee verkry jy toegang tot Kwêvoël, die Kwêvoël se argiewe en gemeenskapsnuus asook die Kwêvoël se sakegids, thaba24. Dit is nie al nie. ‘n Spesiale toerisme gids maak ook deel hiervan uit en soos die aanvraag daarvoor toeneem sal bykomende besighede in die toerismebedryf ook gelaai word. ‘n Google-Kaart is deel van die inligting wat deurgegee word om jou ligging aan te dui.
Ontwikkelaars kan ook hiervan gebruik maak. Dit het die ontwikkelaars van Thaba Mall, wat nou onder konstruksie is, reeds gedoen. Op die Kwêvoël App kan jy sien wat hulle beplan, hoe die Mall gaan lyk asook die vloerplanuitleg van waar die besighede is.
Alle besighede, insluited die in die toerismebedryf, word gratis gelys en geen registrasiefooi is van toepassing nie. Vir die gebruiker is dit dieselfde as om met ‘n besigheidsgids en sommer ‘n hele paar jaar se uitgawes van Kwêvoël tot jou beskikking, met die druk van ‘n knoppie, met jou saam te dra. Hoekom ‘n gedrukte boek terwyl al die inligting wat jy mag benodig reeds op ‘n wolkie vir jou lê en wag.
Skandeer die kode op die advertensiebladsy (Bl 6) met jou iPhone of Android toerusting (qr scanner) om die app aft e laai. As jy die app eers afgelaai het betaal jy as verbruiker niks om dit te gebruik nie, behalwe natuurlik jou data soos van toepassing op alles wat vanaf die internet afgelaai word.
Alle ander selfone, buiten iPhones en Androids, wat internettoegang het, kan thaba24 wel oopmaak op www.thaba24.co.za. Die nuutste uitgawe van Kwêvoël kan ook vanaf die Woensdag na die uitgawe op die internet afgelaai word by www.kwevoel.co.za.
Besighede wat op thaba24 wil registreer kan dit gratis doen alhoewel ‘n heffing vanaf volgende jaar betaalbaar sal wees indien jy van die addisionele fasiliteite wat thaba24 jou bied, soos beskrywing en foto’s, gebruik wil maak. Indien jy nie daarin belangstel nie, sal jou besigheid se naam steeds in die toepaslike kategorie gelys word tesame met jou foonnommer.
Besighede kan self op thaba24 registreer. Onthou net om in die blokkie waar “Title” staan, die besigheid se naam in te vul en nie mnr, mev, juf, ds, prof of dr ens nie. Die res is dood eenvoudig.
Sien ons app-advertensiebladsy bietjie verder aan. Gaan voort en laai die Kwêvoël se eie app af. Jy gaan die lewe vir jouself soveel makliker maak.
Vir enige verdere inligting of kliëntediens kontak ons by admin@abfabapps.net