Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade

Marlie Snyman het ‘n tweede plek in Limpopo Provinsie behaal tydens die  onlangse Wiskunde Olimpiade.
Marlie Snyman het ‘n tweede plek in Limpopo Provinsie behaal tydens die onlangse Wiskunde Olimpiade.

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het met alle krag ingespring en aan die tweede rondte van die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade deelgeneem.
‘n Totaal van 8544 juniors (Gr 8 en 9) en 7786 senior leerders (Gr 10-12) dwarsdeur die land het vir die Olimpiade ingeskryf.
In Limpopo het 62 skole deelgeneem, met 264 Junior leerders en 364 senior leerders in totaal. In die junior afdeling was daar vyf leerlinge wat onder die top 41 in die Provinsie geëindig het. Hulle is vir die juniors: Dirk Botha, Bernice Vermaak, Wessel Kruger, Chanté Petzer en Zelmari Davel. Almal van hulle het sertifikate ontvang.
Veronica van Deventer, ‘n Graad 10 leerling het in die senior afdeling deelgeneem en ook ‘n sertifikaat ontvang.
HFM het ook ‘n Top Provinsiale deelnemer opgelewer met Marlie Snyman (Gr9) wat ‘n tweede plek in Limpopo behaal het en word aangewys as een van die top Provinsiale deelnemers. Sy ontvang ‘n geskenkpak en sertifikaat.