HFM spelers by Jukskei Bondedag

THABAZIMBI – Die Noordelike Unie Jukskei toernooi (Bondedag) het Saterdag 27 September 2014 in Pretoria plaasgevind. Agt van HFM se jukskei spelers het aan die toernooi as deel van die Limpopospanne deelgeneem.
Die volgende sewe streke het aan die toernooi deelgeneem: Mpumalanga, Noord Wes, Limpopo, Gauteng Oos, Sentraal Gauteng, Gauteng Wes en Gauteng Noord.
HFM se leerlinge het as volg in hul onderskeie spanne presteer.
0/19 Seuns:
Derde is Limpopo met 48 punte, tweede het Sentraal Gauteng met 49 punte geëindig en eerste was Gauteng Wes met 62.5 punte.
HFM se leerlinge wat in die span betrokke was is Adriaan Odendaal, Jonathan Viljoen en Riaan Pieterse.
0/19 Dogters van Gauteng Noord het derde geëindig met 29 punte, Limpopo tweede met 38.5 punte en Mpumalanga eerste met 40 Punte.
HFM se leerlinge wat in die span betrokke was is Thanell Lotter en Angelique Fourie.