HFM Gholfdag

THABAZIMBI – Saterdag, 27 September is ‘n gholfdag aangebied by Thabazimbi Gholfbaan ten bate van die Hoërskool Frikkie Meyer se Matriekafskeidsfonds. Daar was 44 spelers en R10 000 is ingesamel vir hierdie projek.
Die formaat was ‘n Beterbal keuse bofbal gekombineer met ‘n Mytery Alliance. Die wenners vir die dag op 53 punte was MG van Greuwing en Japie Stassen. In die tweede plek was Jerry Shongware en Zagaria Thlabadira op 52 punte en derde was Chappies Behrens en Esme Behrens op 48 punte. Dankie aan al die borge en spelers wat hierdie dag ‘n reuse sukses gemaak het.
Maand program vir die TBZ Gholfklub:
Woensdag 1 Oktober was dit die Northam Toyota Sundowner.
Saterdag 4 Oktober is dit IPS
Woensdag 8 Oktober, Northam Toyota Sundowner.
Saterdag 11 Oktober, Borgdag vir Moks (9 Putjies)
Woensdag 15 Oktober, Northam Toyota Sundowner
Saterdag 18 Oktober, Double Bonus Bogey
Woensdag 22 Oktober, Northam Toyota Sundowner
25 en 26 Oktober, Bielie van die Bosveld
29 Oktober, Northam Toyota Sundowner.
Thabazimbi Gholf komitee nooi almal uit om op ons puik baan te kom speel en die lekker gees te kom ervaar.