Goeie sein by Sakekamer

Sarel Schutte

THABAZIMBI – Die sakekamer het Dinsdag, 30 September Vodacom Limpopo streek se Top bestuur in Thabazimbi ontvang en sakekamer lede kon vrae vra, aangaande die probleme met Vodacom sein en aflaaispoed.
Die volgende probleem punte was onder bespreking: Swak sein, algehele opvangs van EDGE, 3G en datadienste asook die toekomsplanne vir die Limpopo streek.
Vodacom het die sakekamer en -lede meegedeel dat R9 biljoen goedgekeur is om Suid-Afrika se Vodacom opgradering te verseker. Hiervan is R180 miljoen vir Limpopo ge-allokeer.
Dit is onder die sakekamerlede se aandag gebring dat Vodacom staat maak op Telkom se infrastruktuur in die Thabazimbi omgewing. Opgraderings is reeds goedgekeur in samewerking met Telkom en Vodacom, en behoort voor einde 2014 te verbeter en die seine sowel Internet aflaai tyd vinniger te wees.

Op die foto staan die Vodacom bestuur, in gee spesifieke orde nie: Juaid Munshi (Managing Executive), Ishmael Hjomane (Regional Marketing Manager), Imran Khan (Executive Head of Division), Sarel Schutte (Kwêvoël Bemarker) en ander lede van Vodacom.
Op die foto staan die Vodacom bestuur, in gee spesifieke orde nie: Juaid Munshi (Managing Executive), Ishmael Hjomane (Regional Marketing Manager), Imran Khan (Executive Head of Division), Sarel Schutte (Kwêvoël Bemarker) en ander lede van Vodacom.

As gevolg van die toenemende selfone verkope in Limpopo (Statistiek SA toon ‘n 88.9% verhoogde verkope tussen 2007 en 2011) en toenemende Internet gebruik wat gedurende dieselfde tydperk met 24.3% gestyg het, het dit gelei tot seine wat swakker word.
Vir tydelike probleem oplossing kan ‘n “call extenders” of “call boosters” gekoop word en dit kan help met beter sein, maar is nie ‘n permanente oplossing nie.
Teen einde Oktober 2014 behoort daar merkbare verbetering te wees. Vodacom het ook in die byeenkoms genoem dat daar wel satelliet produkte beskikbaar is by Vodacom naamlik Vodacom Satellite Connect (VSC) Vir meer inligting kan u www.vodacom.co.za besoek.