Gemengde sukses vir o/15 Krieketspan

HFM se o/15 Krieketspan.
HFM se o/15 Krieketspan.

THABAZIMBI – Die o/15 HFM krieket span het op 6 September teen Stanford Lake te staan gekom. Hulle wen die loot en besluit om eerste te kolf.
HFM se boulers begin baie goed en met baie goeie boulwerk, boul HFM vir Stanford uit in die 10de beurt vir slegs 18 lopies.
Nimroe Lategan doen briljant en vat agt paaltjies en staan net 7 lopies af in sy vyf beurte. Kevin Mulder en Dewan Deysel neem elk een paaltjie.
HFM kolf en Gareth Meyer kry 11 nie uit nie en PG Jansen van Vuuren, 4 nie uit nie en HFM wen die wedstryd maklik met nege paaltjies.
Na die wedstryd het Stanford vir HFM gevra vir ‘n T20 wedstryd wat hulle toe ook met 45 lopies wen. PG Jansen van Vuuren maak 39 lopies, Dewan Deysel, 35 en Gareth Meyer 22.
Op 20 September het hulle teen Hoërskool Piet Potgieter te staan gekom en verloor die wedstryd met 92 lopies.
Piet Potgieter het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. HFM boul hulle uit in die 31ste beurt met hul total op 226 lopies. Gareth Meyer boul uitstekend en neem 4 paaltjies vir 20 lopies in 9 boulbeurte. PG Jansen van Vuuren neem 3 paaltjies vir 26 lopies in 10 boulbeurte.
Piet Potgieter boul baie goed en haal Frikkie Meyer uit vir slegs 134 lopies in 31 boulbeurte. Die beste kolwers aan HFM se kant was Nimroe Lategan wat 29 geslaan het en Tiaan Raubenheimer met 20 lopies.