Frikkie Meyer se Visse

Die dogters het ‘n derdeplek algeheel verwerf met 244 punte en die seuns ‘n algehele vyfdeplek met 183 punte. Op die groottotaal het HFM vyfde geëindig.
Die dogters het ‘n derdeplek algeheel verwerf met 244 punte en die seuns ‘n algehele vyfdeplek met 183 punte. Op die groottotaal het HFM vyfde geëindig.

THABAZIMBI – HFM se swemspan het Vrydag 26 September aan die Interhoër swem byeenkoms deelgeneem. Die Interhoër swem is by Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdag aangebied. Die Frikkies het uitstekende prestasies gelewer waarop die skool baie trots is.
In die 0/14-afdeling het Teagan Theron (seuns vryslag), Eric Oosthuizen (seuns Rugslag) en die seuns vryslag aflosspan silwer medaljes losgeswem.
In die 0/15-afdeling het Hestie Swanepoel (dogters vryslag), Johan Bezuidenhout (Seuns rugslag) en die dogters wisselslag aflosspan brons medaljes verwerf, terwyl Hestie Swanepoel (dogters rugslag) ‘n silwer medalje gekry het. Die ster van die dag was egter Anmarie Schutte wat goue medaljes verwerf het vir dogters brosslag en dogters vlinderslag.
René Rall (dogters 0/16 borsslag) en die dogters 0/16 vryslag aflosspan het ook brons medaljes ontvang.
In die 0/19-afdeling het Elize Botha (dogters rugslag) die dogters vryslag aflosspan en die dogters wisselslag aflosspan brons medaljes inge-oes.