Anna Cathrina Mitton groet ons

Anna Cathrina Mitton word begrawe Vrydag 3 Oktober om 10:30 uit die NG kerk Thabazimbi.
Anna Cathrina Mitton word begrawe Vrydag 3 Oktober om 10:30 uit die NG kerk Thabazimbi.

THABAZIMBI – Anna Cathrina Mitton (nooi van Niekerk) is Vrydagnag, 26 September 2014 oorlede in die ouderdom van 75 jaar.
Sy was woonagtig in Tambotie Bejaarde Versorgings Eenheid en Tannie Elsie Pistorius was kamermaats, wat net die vorige Sondag oorlede is. Begrafnis is Vrydag, 3 Oktober om 10:30 uit die NG Gemeente Thabazimbi.
Anna se herinnering leef verder voort in haar kinders Derrick, Elmarie en Francois, Mariana en Jaco en 6 kleinseuns en 1 kleindogter. Haar eggenoot Ben is 11 jaar gelede oorlede. Lief vir jou Mamma. Dankie vir `n leeftyd se herinneringe.