Vetvee- en Speenkalf veiling

Op die foto vlnr: Hannes Venter (Boernor), Erich Herholdt, Elri Herhold en Joggie Breugem (Boernor).
Op die foto vlnr: Hannes Venter (Boernor), Erich Herholdt, Elri Herhold en Joggie Breugem (Boernor).

NORTHAM – Boernor en Vleissentraal het ‘n Vetvee-en speenkalf veiling gehou op 20 Augustus 2014 te Northam Veilingskrale. ‘n Totaal van 1104 beeste is aangebied en die totale omset van veiling was R8 191 600.
Die swaarste koeie was 785kg en is verkoop teen R14 400. Swaarste Bul was 1080kg en is verkoop teen R21 600. Swaarste Os was 1305kg en is verkoop teen R30 000.
Die grootste verkoper was Erich Herholdt en die koper was Oom Nicky Coetzee van Doornplaat Trust.
Diere is die volgende kategorieë beoordeel: Groep ongewisseld – 1ste, 2de en 3de plek – Erich Herholdt. Groep gewisseld – 1ste, 2de en 3de plek – Erich Herholdt
Enkel bees ongewisseld – 1ste, 2de en 3de plek – Erich Herholdt. Enkel bees gewissel – 1ste, 2de en 3de plek – Erich Herholdt. Swaarste koei 785kg – Erich Herholdt. Swaarste Slagbees 1305kg – Krystle Herholdt
Die afslaer was Stefan Greyling.
Dankie vir die borge van die dag, Boernor (Northam Boerevereniging),Obaro Northam, NTK Thabazimbi en Driehoekvoere.