Thabazimbi Gholfklub nuus

Robert van der Schyff wat die gelukkige trekking van R19000 se Taylormade sak en ‘n volledige gholfstel gewen het.
Robert van der Schyff wat die gelukkige trekking van R19000 se Taylormade sak en ‘n volledige gholfstel gewen het.

THABAZIMBI – Thabazimbi gholfklub het ‘n jaarlikse fondsinsameling gehou ten bate van die Gholfklub self en met die gelukkige trekking het Robert van der Schyff uitgetree as die wenner. Hy wen ‘n Taylormade sak met ‘n volledige gholfstel teen ‘n waarde van R19000.
Woensdag 17 September se Toyota Sundowner is gewen deur Terry Shongwane op 22 punte. Thabazimbi Gholfklub hou eerskomende Saterdag (27 September) ‘n gholfdag ten bate van Hoërskool Frikkie Meyer se Matriekafskeidsfonds. Alle spelers is welkom. Die kostes is R250 per speler en daar sal vanaf 9:30 afgeslaan word.