Thaba Superspar – SAVF en Kwêvoël “dare” vir “Ice Bucket”

Op die foto bo is vlnr: Jaco (Thaba SuperSpar), Marianne (Voorsitter SAVF) en Pieter (Kwêvoël) met hul gooiers vlnr: Christina (Kwêvoël), Christelle (SAVF) en Stephan (Kwêvoël).
Op die foto bo is vlnr: Jaco (Thaba SuperSpar), Marianne (Voorsitter SAVF) en Pieter (Kwêvoël) met hul gooiers vlnr: Christina (Kwêvoël), Christelle (SAVF) en Stephan (Kwêvoël).
Dié foto sê alles...
Dié foto sê alles…

THABAZIMBI – In reaksie op Ys-emmer uitdaging wat BUCO en HFM reeds gestel het, het Thabazimbi SAVF in samewerking met Thaba Superspar en Kwêvoël die uitdaging aanvaar en dit vir meer mense moontlik te maak om deel te wees van hierdie koue prettige manier om geld vir die J9 Stigting in te samel.
Die uitdaging sal môre, Saterdag 27 September vanaf 10:00 die oggend in Spar se parkeerarea plaasvind. Elke deelnemer betaal R50 en as jy uitgedaag word en jy aanvaar dit nie, is jy welkom om dan ‘n donasie in die emmer te gooi.
Hoekom kan ons nie almal op dié wa spring en deelneem aan die uitdaging nie. Hannes van Superspar en Pieter van Kwêvoël het Woensdag, in plaas daarvan om te braai, die uitdaging aanvaar – hier is die bewys. Die braai het eers later gekom, toe dit stiller in die drukkery gegaan het.
Marianne, voorsitter van die SAVF, dien hiermee ‘n beroep of rig ‘n uitdaging aan julle almal om julle harte oop te maak en te kom deelneem aan die dag se pret.
Niemand van ons kan sê dit kan nie met ons gebeur nie. Ons kan ook net een oggend opstaan en besef ons liggaam funksioneer nie meer soos altyd nie en sou ons dalk mediese of finansiële ondersteuning nodig kry as een van ons met MMS gediagnoseer sou word weet ons, ons kan dan die J9 stigting vir MMS-lyers se deur gaan klop.
Ons moet nie van die myngemeenskap, regsgeleerdes, ons mediese personeel van besigheidsmense tot huisvrouens en leier vergeet nie.
Môre, Saterdag 27 September 2014, is Spar Parkeerarea die plek om te wees. Vir enige navrae kontak Marianne by 071 611 9452 of die SAVF kantoor by 014 777 1093.