Ouma Elsie Pistorius

39-oorlede OumaElsie (1)Ouma Elsie Pistorius is Sondagoggend 21 September om 01:00 oorlede. Haar dogter Ella het haar verlede week uit die versorgingsentrum gehaal om tuis te verpleeg by haar huis in Rustenburg. Daar word vermoed dat sy Vrydag ‘n beroerte gehad het. Hulle het haar hospitaal toe geneem maar daar was nie ‘n bed beskikbaar nie. Sy het die oggend wakker geword en gepraat en dit het gelyk of sy goed voel en is sy teruggeneem huis toe waar sy die volgende oggend om 01:00 oorlede is. Ouma Elsie was ‘n paar weke gelede saam met die vyf geslagte op Kwêvoël se voorblad. Een van haar laaste wense wat sy aan haar kleindogter Emsie, genoem het. Emsie woon op Lydenburg en het spesiaal die groepie byeengekry om die foto te laat neem. Die begrafnisdiens is vandag, Vrydag 26 September om 14:00 uur uit die Hervormde kerk te Thabazimbi. Die teraardebestelling is op die plaas waar sy langs Oupa Hennie te ruste gelê sal word.