Northam Toyota werk saam vir skoner omgewing

39-LS Northam herwinning Gr5NORTHAM – Northam Laerskool en Northam Toyota het Vrydag 19 September 2014, die wenners aangekondig vir die Herwinningsdag projek. Vrydag 19 September was dan ook Nasionale Herwinningsdag.
Die Graad 5 leerlinge het eerste plek behaal, waar Graad 7 tweede gekom het en die Graad 4’s het derde gekom. Oliedromme word herwin deur hulle in asblikke te omskep en dit terug te plaas in die gemeenskap sodat die dorpie mooi skoon gehou kan word.
Hierdie projek leer die kinders om te herwin, en toets ook hul skeppings vernuf. Hierdeur word hulle ook bewus van ‘n skoner omgewing. Die asblikke is ook iets waarop hulle kan trots wees om so hulle stempel in die dorp af te druk.
Kyk gerus uit vir die mooi kleurvolle asblikke op die straathoeke van Northam en maak seker jy gooi jou rommel in een. Raak ook bewus van die rol wat die kinders hierin gespeel het.

Saam met die onderskeie wengrade staan Mnr. Butch Anley, Handelaarshoof van Northam Toyota saam met Mnr. Alten Greyling, die Skoolhoof en Juffrou Razia Hussian regs, en Juffrou Hester Brits aan die linkerkant.