Kwêvoël geniet ook braaidag

Die Kwêvoël span het op Erfenisdag of te wel Braaidag gewerk, om seker te maak dat die Kwêvoël vandag op die rakke verskyn, maar braaidag is ook met ‘n worsbroodjie van lekker boerewors en vonkelwyn gevier. Op die foto agter vlnr: Christina Lopang (drukpersoperateur), Stephan Manje (drukpersoperateur), Sarel Schutte (Bemarking), Tanya Votster (Redakteur: Vriendin) en Pieter Coetzee (Redakteur: Kwêvoël). Voor vlnr sit Riaana Pistorius (deeltyds), Susan Prinsloo (deeltyds), Celest de Beer (Persoonlike Assistent en finansies) en Marlize von Czapiewski (Uitlegte, grafiese ontwerper, ontvangs)