Aliza-Aviela vreugdevol is my God

THABAZIMBI – Aliza-Aviela was weer van Maandag tot Woensdag besig met die voorbereidings vir die jaarlikse Lentetee wat vir die Seniors en hul familie oor 80 aangebied is op 17 September.
Die vrouens het die saal versier en vingerhappies gemaak dat almal oorgenoeg gehad het en die saal het pragtig gelyk.
Die dames wat gehelp het was Annetjie, Annelize, Biebies, Emmie, Karin, Kobie, Loretta, Martie, Rina, Ronel en Trudie Allen. Sonder hulle sou daar baie harder gewerk moes word om alles te doen, daarom weet ons dis spanwerk wat dit elke keer laat slaag. Baie dankie aan elke bejaarde wat gekom het, van hulle kon nie kom nie weens siekte.
Dankie aan ds Johan en dr Tinus wat tyd ingeruim het en saam met die bejaardes gekuier het. Dit is vir die ouer gemeentelede lekker om te kuier, saam met ou vriende tyd deur te bring, soveel het dit al vir ons gesê, dis die deel wat die lekkerste is. Hulle waardeer die kuiers aan huis, die saam wees. Hulle weet hulle word nie vergeet nie.
Aliza-Aviela beteken nie verniet “vreugdevol want God is my Vader”. Daarom kom al die eer en dankies God toe. Dis ‘n vreugde om soveel liefde en omgee te kry en te gee.

Van die dames wat gehelp het met die dag en dit ook geniet het sit vlnr: Emmie von Czapiewski, Martie Smith en Loretta Smith.
Van die dames wat gehelp het met die dag en dit ook geniet het sit vlnr: Emmie von Czapiewski, Martie Smith en Loretta Smith.
Oom Boekie en tannie Etta Coetzer.
Oom Boekie en tannie Etta Coetzer.
Oom Dries en tannie Bellie Welgemoed met tannie Nan Dreyer het gekuier om die tafel met baie stories om te vertel.
Oom Dries en tannie Bellie Welgemoed met tannie Nan Dreyer het gekuier om die tafel met baie stories om te vertel.
Tannie Marthie Theron het die lentetee ook geniet.
Tannie Marthie Theron het die lentetee ook geniet.