Thaba Trans presteer in Waterberg streeksuitdunne
MOKOPANE – Thaba Trans het Saterdag, 6 September te Mokopane deelgeneem aan die Waterberg streeks uitdunne vir vervoerdienste van Limpopo. Daar was sowat 100 deelnemers van regoor Suid Afrika.
Die kompetisie om die beste bestuurders in die land te erken word deur teorie toetse, prakties en 12 oefeninge in die depot geïdentifiseer.
Daar is drie verskillende afdelings waarin deelgeneem word naamlik
– “Men in bus”
– ‘Women in bus’
– “LDV (light delivery vehicles)”
Twee van Thaba Trans se bestuurders gaan deur na die Provinsiale uitdun rondte toe, naamlik Paul Modupe en Portia Kgwale. Albei het derde geëindig met die Waterberg streeksuitdunne.
